Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, "narcissist, psycho, real arsehole", is besig met sy gewone onheilighede. Maar hier bo in Sir Lowryspas lê 'n vrou wat dit alles gaan verander. Sy is heeltemal kaal, uitgestrek by die groot uitkykpunt, haar kop na die noorde, haar voete na die suide. Iemand het haar liggaam mooi gerangskik en met bleikmiddel gewas om al die forensiese spore uit te vee.
Daar ver onder in die Kaapse nag steel iemand skilderye waarop vroue in blou geklee is. En kaptein Bennie Griessel droom van verloofringe, en sy kollega Vaughn Cupido bekommer hom oor commitment. En die private eye Billy de Palma, "narcissist, psycho, real arsehole", is besig met sy gewone onheilighede. Maar hier bo in Sir Lowryspas lê 'n vrou wat dit alles gaan verander. Sy is heeltemal kaal, uitgestrek by die groot uitkykpunt, haar kop na die noorde, haar voete na die suide. Iemand het haar liggaam mooi gerangskik en met bleikmiddel gewas om al die forensiese spore uit te vee.Hinweis: Dieser Artikel kann nur an eine deutsche Lieferadresse ausgeliefert werden.
Deon Meyer is voltyds skrywer en woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in twaalf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013, Ikarus, 2015 en Koors, 2016). Orion, Proteus en Infanta is met die ATKV-prosaprys bekroon.