16,99 €
inkl. MwSt.

Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

Kleinboer woon steeds in rowwe Yeoville naby Johannesburg se middestad. Hy is verknog aan sy erf, maar is 'n speldjie wat telkens na ander magnete aangetrek word. Sommige lesers het dalk gehoop hy het al ophou rondloop. Maar nee, hy is steeds verslaaf aan die versoekings wat bordele bied. Sy rondlopery strek nou wyer en hy gaan loer selfs wat bo in Afrika aangaan. Sy Zoeloe-vrou worstel teen ander magnete, hoofsaaklik die sjebiens binne stap- of strompelafstand van die huis. Deur dit als woel Kleinboer se obsessie met die Lotto, waaruit hy getalle én woorde maak. Hierdie huis voltooi die…mehr

Produktbeschreibung
Kleinboer woon steeds in rowwe Yeoville naby Johannesburg se middestad. Hy is verknog aan sy erf, maar is 'n speldjie wat telkens na ander magnete aangetrek word. Sommige lesers het dalk gehoop hy het al ophou rondloop. Maar nee, hy is steeds verslaaf aan die versoekings wat bordele bied. Sy rondlopery strek nou wyer en hy gaan loer selfs wat bo in Afrika aangaan. Sy Zoeloe-vrou worstel teen ander magnete, hoofsaaklik die sjebiens binne stap- of strompelafstand van die huis. Deur dit als woel Kleinboer se obsessie met die Lotto, waaruit hy getalle én woorde maak. Hierdie huis voltooi die drieluik wat Kleinboer met sy bekroonde Kontrei en Werfsonde begin het op fassinerende en ontroerende wyse.
Autorenporträt
Kleinboer ontvang in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuutwerk, Kontrei, en hierna volg Werfsonde. Hy is in 1956 op die Oos-Rand gebore en het in Kemptonpark grootgeword. Na jare as rekenaarprogrammeerder en stelseladministrateur het hy taalversorging vir 'n landboutydskrif gedoen. Hy werk tans as subredakteur by 'n dagblad en woon in Yeoville.