Nicht lieferbar
Kamphoer - Smith, Francois
Schade – dieser Artikel ist leider ausverkauft. Sobald wir wissen, ob und wann der Artikel wieder verfügbar ist, informieren wir Sie an dieser Stelle.
  • Broschiertes Buch

Kamphoer is die ware verhaal van 'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van 'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in 'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is 'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.…mehr

Produktbeschreibung
Kamphoer is die ware verhaal van 'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van 'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in 'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is 'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.
Autorenporträt
Francois Smith verdien sy brood en botter as uitgewersredakteur, maar as hy die geringste kans kry, skryf hy eerder sy eie werk. Van sy verhale het in die bloemlesings Bloots, Kosblik en Skarlakenkoors verskyn; sy vertaling van David Kramer: 'n Biografie is met 'n Sala-letterkundeprys bekroon. Hy en sy gesin woon in Wynberg, Kaapstad, maar eintlik kom hy van die Vrystaat. Hy het 'n Ph.D. in die letterkunde van die Universiteit van Kaapstad en as hy nie skrywers soos Dan Sleigh, P.G. du Plessis en Elsa Joubert help om hul manuskripte te vervolmaak nie, tree hy as gasdosent in die letterkunde op, of bied skryfslypskole aan. In 'n vorige lewe was hy 'n siviele ingenieur, in die volgende wil hy met wedvlugduiwe boer.