27,99 €
inkl. MwSt.
Versandkostenfrei*
Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

Die verweefde verhale van Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen, Snaartjie Windvogel (die vioolspeler uit In stede van liefde, wat op Matjiesfontein grootword en as 'n sekswerker in die Kaap beland), Elsabé en Doris Steyn, en Eenslie Maree, die Adelbors, vorm die basis van hierdie langverwagte roman. Dis hulle almal se geskiedenis, maar veral dié van Ludo, wat op Paternoster afgetree het, en mymer oor sy verlede as pelgrim-yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery en mense vermaak het in skoolsale en skure. Sy rustige lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom begin inhaal. En dan vind daar 'n opspraakwekkende moord plaas . . .…mehr

Produktbeschreibung
Die verweefde verhale van Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen, Snaartjie Windvogel (die vioolspeler uit In stede van liefde, wat op Matjiesfontein grootword en as 'n sekswerker in die Kaap beland), Elsabé en Doris Steyn, en Eenslie Maree, die Adelbors, vorm die basis van hierdie langverwagte roman. Dis hulle almal se geskiedenis, maar veral dié van Ludo, wat op Paternoster afgetree het, en mymer oor sy verlede as pelgrim-yo-yo-speler wat van dorp tot dorp gery en mense vermaak het in skoolsale en skure. Sy rustige lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom begin inhaal. En dan vind daar 'n opspraakwekkende moord plaas . . .
Autorenporträt
Internasionaal bekende skrywer Etienne van Heerden woon saam met sy vrou, Kaia, op Stellenbosch. Hierdie veelbekroonde skrywer is die afgelope twee dekades reeds betrokke by die doseer van letterkunde, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. Tans is prof. Van Heerden verbonde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy benewens kreatiewe skryfwerk-begeleiding ook gemoeid is met die doseer van literêre teorie, mediastudies en Suid-Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.