26,99 €
inkl. MwSt.
Versandkostenfrei*
Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

Bennie Griessel is eerste op die toneel: 'n bloedbad in 'n luukse gastehuis op 'n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van 'n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop 'n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met 'n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik? Voeg hierby 'n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en 'n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!…mehr

Andere Kunden interessierten sich auch für
Produktbeschreibung
Bennie Griessel is eerste op die toneel: 'n bloedbad in 'n luukse gastehuis op 'n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van 'n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop 'n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met 'n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik? Voeg hierby 'n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en 'n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!
Autorenporträt
Deon Meyer, 'n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Hy woon tans in Stellenbosch. Sy publikasies sluit in tien romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, en Kobra, 2013.). Drie daarvan - Orion, Proteus en Infanta - is met die ATKV-prys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009 en 2012 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur en 7 Dae.