16,99 €
inkl. MwSt.

Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

In Sabbatsreis vertel Annelie Botes hoe sy in 2004 blindelings op 'n vliegtuig geklim het om in Engeland 'n ouma te gaan soek wat sy kon oppas. Om haar skuld te betaal. Vir 'n hellejaar (ook met heelwat hemelse oomblikke!) word sy Granny se hoeder. Maar genoeg is selde genoeg.

Produktbeschreibung

Hinweis: Dieser Artikel kann nur an eine deutsche Lieferadresse ausgeliefert werden.
Autorenporträt
Annelie Botes is gebore in die winter van 1957 in die Kammanassie naby Uniondale. Lugkasteel is haar dertiende boek. "Ek weet nie wat anders om te doen nie, as om te skryf," sê sy. "Dis deel van my, soos sweetgaatjies en voetsole." Selfs voordat sy skool toe is, het sy haar stories met 'n renosterbosstokkie op die sandgrond geskryf. Bloot krulle en draaie, maar sý het geweet wat daar staan. Op skool het sy gewoonlik nul gekry vir opstelle, want enige banaliteit of swetsery is beboet met vyf punte. Omdat sy nie 'n vrou is vir liegdraaie kap nie, moes sy al dikwels in haar lewe punte inboet in ruil vir die rou waarheid. Sy en haar man, die ou gryse, bly die afgelope sewentien jaar in Port Elizabeth. "Ek sal skryf tot ek die dag seniel is, of dood neerslaan. Want ek wíl skryf."