15,99 €
inkl. MwSt.

Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

'n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van 'n jong joernalis - sonder haar arm. Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie 'n ryding nie nadat 'n inwoner - 'n aantreklike een daarby - met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy…mehr

Produktbeschreibung
'n Grieselige gesig begroet speuradjudant Storm van der Merwe en haar hond op Grootbaai se strand: die lyk van 'n jong joernalis - sonder haar arm. Vir dié kusdorpie se inwoners is dit slegte nuus; lyke wat rondlê kan die haaiduikbedryf waarvoor Grootbaai beroemd is, erge skade berokken. Storm se hande jeuk om die saak te ondersoek, maar sy is vir eers ingeperk tot saai kantoorwerk. Boonop het sy nie 'n ryding nie nadat 'n inwoner - 'n aantreklike een daarby - met sy insleepwa in haar Volla vasgejaag het. Intussen sukkel Storm se onmoontlike oudkollega, Andreas Moerdyk, om te fokus terwyl hy ondersoek instel na die dood van 'n bekende Springbokstut wie se motor op die N1 deur 'n soortgelyke trok getref is. Het Storm se ongeluk iets met die rugbyspeler se noodlottige botsing te doen? En hoe steek die joernalis se dood en die stories oor perlemoenstropery op Grootbaai in mekaar? Terwyl Storm antwoorde op dié tergende vrae soek, raak dinge vir haar gevaarliker as 'n haaihokduik - sonder die hok.
Autorenporträt
Irna van Zyl is 'n bekende media persoonlikheid en was onder meer redak-teur van De Kat, Insig en Boeke-Insig voordat sy heeltyds begin skryf het. Haar kortverhaalbundel, Grootmensspeletjies, het 21 jaar gelede verskyn. Sy woon in Pearly Beach en Kaapstad saam met haar lewensmaat, twee honde en 'n kat.