23,99 €
inkl. MwSt.

Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

In 'n Juffrou vir Skurwekop regeer Bertus Kruger met 'n ysterhand oor sy klein koninkryk - Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand - en inspireer hulle onwetend om 'n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep. In Hard soos kameeldoringhout wonder Martie Schlage wat sy die meeste vrees - dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Sy trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar…mehr

Produktbeschreibung
In 'n Juffrou vir Skurwekop regeer Bertus Kruger met 'n ysterhand oor sy klein koninkryk - Skurwekop se landbouskool. Totdat juffrou Annie Delport die eerste vrou word wat die heiligdom van hierdie mannedomein betree. Gou hou sy die seuns se harte in die holte van haar hand - en inspireer hulle onwetend om 'n dans van die liefde spesiaal vir hul juffrou te skep. In Hard soos kameeldoringhout wonder Martie Schlage wat sy die meeste vrees - dié wilde, ongetemde land, of hierdie woeste barbaar? Sy trek ongenooid agter transportryer Braam Potgieter aan, want ná haar ma se dood móét sy net by haar sendelingpa op Grootfontein uitkom. En in Sandroos uit Meob het Louw Greyling net een doel voor oë - om Braam Venter te vergeld en sy diamante terug te kry. Suster Ansa, die jong non van die verlate myndorpie Meob, is die padkaart na daardie skat. Min kon hy droom dat daar ook 'n roete na sy hart is . . .
Autorenporträt
Sarah du Pisanie het al meer as dertig liefdesverhale gepubliseer, en skryf steeds nuwes. Sy woon op Olifantshoek.