24,99 €
inkl. MwSt.

Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

Daar's 'n moorddossier op inspekteur Kassie Kasselman se lessenaar . . . Van Nigeriese rebellegroepe, dwelmsluikhandel uit Kaapstad wat raak aan die Taliban, en polisiemolle met duister geskiedenisse moet Kassie - posseël- en boeremusiekliefhebber, alleenloper-speurder met 'n ernstige waarskuwing op sy diensrekord - sin maak. Iemand het sleg geknoei, maar hoe hoog op strek die kwaad? Slagyster is 'n debuut-spanningsverhaal deur 'n opwindende nuwe stem in die genre, en vir inspekteur Kasselman sal ons vorentoe weer ontmoet.

Produktbeschreibung

Autorenporträt
Rudie van Rensburg is in 1951 in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, waarna hy in 1982 medestigter en uitgewer van Bloemnuus word, en later redakteur van Die Ekonoom-saketydskrif. In 1987 verhuis hy Kaap toe en sluit hom by Sanlam se reklame-afdeling aan. In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg). Die stuk verskyn in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn 'n self-publikasie vir kleuters, Die Doempies van Tafelberg. Rudie skilder reeds die afgelope 25 jaar en van sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje en Australië. Rudie is getroud met Lize en het drie kinders. Slagyster is sy debuutroman.