13,99 €
inkl. MwSt.

Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

Na 'n lang loopbaan in die onderwys, neem Piet Malherbe se lewe 'n onverwagse wending. Omstandighede dwing hom om ontslag te neem en sy eie onderneming te begin. Hy word die stigter en organiseerder van die CUPS-gemeenskapsprojek, waar talle straatlopers daagliks van die nodige lewensmiddele en kos voorsien word. Een van hierdie straatlopers is Jan Flenters. Deur 'n besondere samevloei van omstandighede raak Piet Malherbe en Jan Flenters se lewens met mekaar verweef. Piet bly aanhou om Jan se lewe positief te beïnvloed, selfs wanneer dit lyk asof Jan al sy pogings in die gesig teruggooi. Sy…mehr

Produktbeschreibung
Na 'n lang loopbaan in die onderwys, neem Piet Malherbe se lewe 'n onverwagse wending. Omstandighede dwing hom om ontslag te neem en sy eie onderneming te begin. Hy word die stigter en organiseerder van die CUPS-gemeenskapsprojek, waar talle straatlopers daagliks van die nodige lewensmiddele en kos voorsien word. Een van hierdie straatlopers is Jan Flenters. Deur 'n besondere samevloei van omstandighede raak Piet Malherbe en Jan Flenters se lewens met mekaar verweef. Piet bly aanhou om Jan se lewe positief te beïnvloed, selfs wanneer dit lyk asof Jan al sy pogings in die gesig teruggooi. Sy volharding en passie is merkwaardig. Aan die een kant mag sy passie 'n kompensasie wees vir die leemtes wat hy in sy eie familieverhoudings ervaar, terwyl dit aan die ander kant dalk opgekropte skuldgevoelens uit die verlede is wat aan hom knaag. Wanneer hy uiteindelik die band met Jan verbreek, begin sy eie innerlike genesingsproses. Dit is die begin van sy persoonlike verhaal van genesing, waarin hy die seer en pyn wat hy jare lank met hom saamgedra het, oorkom. Piet Malherbe se verhaal is 'n universele verhaal van struikelinge en oorwinning, van hoogtepunte en laagtepunte. Dit is 'n verhaal waarmee baie van ons kan identifiseer, want dit is ook ons eie verhaal.
Hinweis: Dieser Artikel kann nur an eine deutsche Lieferadresse ausgeliefert werden.