25,99 €
inkl. MwSt.
Versandkostenfrei*
Versandfertig in über 4 Wochen
  • Broschiertes Buch

Karoliena Kapp is 'n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Sy is mooi en word gou raakgesien deur Johannes, 'n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van armoede losgewikkel het. Nog voordat sy twintig is, word sy met hom afgetrou en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir 'n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug. Terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: Wie's-jy, wie's-jy.…mehr

Produktbeschreibung
Karoliena Kapp is 'n alleenkind. Haar pa is vroeg-vroeg deur 'n weerligstraal doodgeslaan en sy het die bos aanvaar as haar oermoeder. Sy is mooi en word gou raakgesien deur Johannes, 'n boswerkerskind wat hom uit die wurggreep van armoede losgewikkel het. Nog voordat sy twintig is, word sy met hom afgetrou en moet sy haar plek as dorpsvrou volstaan. Maar Karoliena gebruik die eerste kans om weg te loop. Die dag ná die troue weet sy: Sy het verkeerd gekies. Sy het van die bos af weggevlug en haar vryheid verruil vir 'n kou. Nou is sy bang, en sy vat die pad terug. Terwyl die pietjiekanarie sonder ophou roep: Wie's-jy, wie's-jy.
Autorenporträt
Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan 'n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang. Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: 'n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was 'n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar 'n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn. Kringe in 'n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was 'n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn. Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich 'n Switserse literatuurprys ontvang vir haar "lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming". Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.