Wanneer hierdie talent egter verder ontwikkel en sy skielik mense se gedagtes ook kan lees, vrees sy dat die samelewing haar in 'n gestig gaan opsluit soos wat met haar ma gebeur het. Daarvoor sien sy nie kans nie en sy vlug na 'n afgeleë plaas in die Kalaharie waar niemand haar ken nie en menslike kontak beperk is.
Karlia het egter nie rekening gehou met die lastige maar aantreklike buurman, Armand Perez nie. Ten spyte van sy arrogansie dra Armand sy eie donker geheim rond wat hy ten alle koste moet beskermal beteken dit dat hy die lewe vir sy nuwe buurvrou ondraaglik moet maak.
Wanneer Karlia egter vreemde diere op die plaas begin sien en met sodanige diere begin praat, besef sy dat sy nooit weer in normale samelewing sal aanpas nie. Maar dinge is nie so eenvoudig nie en haar eie familie en kwesbare hart dwing haar om 'n keuse te maak tussen wat haar hart wil hê en oorlewing.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.