6,99 €
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
3 °P sammeln
6,99 €
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
3 °P sammeln
Als Download kaufen
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
3 °P sammeln
Jetzt verschenken
6,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
3 °P sammeln
  • Format: ePub

Toe Danda 'n jaar gelede op die vissersdorp Oudeur aangekom het, het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat nie vir hom omgee nie, daar was plek vir sy diere en hy kom kom en gaan soos hy wou. Maar een aand, nadat die onbekende man op die sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda hy weet reeds geruime tyd alles is nie pluis nie. Hy gee nie meer sy hart aan die dinge waarvoor hy vroeër so baie omgegee het nie, en sy pa is stil en bedruk.
Toe hy 'n afspraak met die onbekende nakom, raak Danda teen sy sin betrokke by die bedrywighede van die
…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.87MB
Produktbeschreibung
Toe Danda 'n jaar gelede op die vissersdorp Oudeur aangekom het, het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat nie vir hom omgee nie, daar was plek vir sy diere en hy kom kom en gaan soos hy wou. Maar een aand, nadat die onbekende man op die sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda hy weet reeds geruime tyd alles is nie pluis nie. Hy gee nie meer sy hart aan die dinge waarvoor hy vroeër so baie omgegee het nie, en sy pa is stil en bedruk.

Toe hy 'n afspraak met die onbekende nakom, raak Danda teen sy sin betrokke by die bedrywighede van die dorp se mees gevreesde bende rampokkers, en 'n afperser wat geduldig wag op die ondergang van die beste man in die wêreld - Danda se eie pa.

Is die wêreld regtig so 'n ingewikkelde plek soos wat sy pa sê, of maak mense dit ingewikkelder as wat dit is?


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Chris Barnard is een van die sestigerfigure in die Afrikaanse letterkunde. Hy wou reeds toe hy agtien jaar oud was skrywer word. Ná sy B.A.- graad word hy joernalis en werk later as uitgewer by Afrikaanse Pers Boekhandel. In 1978 trou hy met die rolprentmaker Katinka Heyns en in samewerking met haar word hy filmvervaardiger en draaiboekskrywer. Van sy bekendste werk is Duiwel-in-die-bos (waarvoor hy die CAN-prys wen) en Mahala, wenner van die Hertzog- en W.A. Hofmeyr-pryse. Bekende jeugromans uit sy pen is Danda, die opvolg Danda op Oudeur en Voetpad na Vergelegen.