Sie sind bereits eingeloggt. Klicken Sie auf 2. tolino select Abo, um fortzufahren.
Bitte loggen Sie sich zunächst in Ihr Kundenkonto ein oder registrieren Sie sich bei bücher.de, um das eBook-Abo tolino select nutzen zu können.
Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange._x000D_ _x000D_ Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos "Die pad na Mafeking", "Die Rooinek" en "Makapan se grotte", en ook Voorkamerstories soos "Skoolkonsert" en "Geboortesertifikaat". En in beroemde stories soos "'n Boere-Rip van Winkel" en "'n Ou Transvaalse verhaal" hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller…mehr
Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange._x000D_
_x000D_
Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos "Die pad na Mafeking", "Die Rooinek" en "Makapan se grotte", en ook Voorkamerstories soos "Skoolkonsert" en "Geboortesertifikaat". En in beroemde stories soos "'n Boere-Rip van Winkel" en "'n Ou Transvaalse verhaal" hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins._x000D_
_x000D_
Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos "In die skadu van die withaak", "'n Bekkersdal-marathon" en "'n Besoek aan Blikkiesdorp" in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot 'n aantal essays wat nog nie voorheen in 'n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.
Die Herstellerinformationen sind derzeit nicht verfügbar.
Autorenporträt
Herman Charles Bosman wat in 1951 aan 'n hartaanval gesterf het, bly een van Suid-Afrika se beroemdste storievertellers. Hy het die wêreld op 'n unieke manier gesien en 'n intense opwinding deur sy stories oorgedra. Sy werk is lank reeds as deel van die klassieke kanon van Suid-Afrikaanse letterkunde erken. Sy werk bly steeds relevant - Duitse en Amerikaanse uitgawes van Mafeking Road and other stories het onlangs verskyn. Herman Charles Bosman is gebore in 1905 op Kuilsrivier naby Kaapstad. In 1916 het die familie na die Transvaal getrek.Nadat hy aan die Universiteit van die Witwatersrand en die Normaalkollege gestudeer het, is Bosman as 'n jong onderwyser gestuur na 'n plaasskool naby Zwingli in die Marico-distrik, van wat toe die Wes-Transvaal was. Dit was daar dat hy 'n gemeenskap ryk aan storievertellers teëgekom het - baasvertellers wat wonderbaarlike stories oor die Boereoorlog en ander onvergeetlike gebeure kon spin. Hy sou hierdie figure later verewig in sy eie Oom Schalk Lourens-karakter. Sy verblyf in die Marico is skielik beëindig toe hy gearresteer en skuldig bevind is vir die moord op sy stiefbroer tydens 'n vakansie by die familie se huis in Johannesburg. Aanvanklik is hy tot die dood veroordeel, maar sy vonnis is versag en hy het vier jaar uitgedien in die Pretoria Sentrale Gevangenis. Na sy vrylating in 1930 het hy as joernalis begin werk en kortverhale begin skryf. Van sy vroegste werk was Oom Schalk Lourens-verhale, wat hy deurgaans geskryf het tussen 1930 en 1951, die jaar van sy dood. In 1950 het hy die "Voorkamer"-reeks begin skryf, en het altesaam ongeveer 80 van hierdie stukke geskryf. Hy het ook sporadies stories geskryf wat hy in sy eie stem, as skrywer, aangebied het; hierdie stukke is in 2000 versamel as Old Transvaal Stories. Al drie hierdie vertelmodusse word in hierdie keur verteenwoordig. Bosman het in Oktober 1951 skielik aan 'n hartaanval gesterf. Hy het slegs drie van sy werke in sy leeftyd in druk gesien: Jacaranda in the Night (1947), Mafeking Road (1947) en Cold Stone Jug (1949), sy tronkherinneringe.
Es gelten unsere Allgemeinen Geschäftsbedingungen: www.buecher.de/agb
Impressum
www.buecher.de ist ein Internetauftritt der buecher.de internetstores GmbH
Geschäftsführung: Monica Sawhney | Roland Kölbl | Günter Hilger
Sitz der Gesellschaft: Batheyer Straße 115 - 117, 58099 Hagen
Postanschrift: Bürgermeister-Wegele-Str. 12, 86167 Augsburg
Amtsgericht Hagen HRB 13257
Steuernummer: 321/5800/1497
USt-IdNr: DE450055826