_x000D_
In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . ._x000D_
_x000D_
Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in, om 'n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is. In hierdie boek wys Oupa Dinges hulle sy nuutste uitvinding: 'n laserstraal wat 'n enkele koringkorrel eensklaps so groot kan laat groei dat 'n mens 'n hele brood daarvan kan bak. Maar dinge loop skeef toe dié SuperMega-Vergroterstraal per ongeluk van 'n spieël weerkaats en Jannus en sy oupa tref. Die twee van hulle begin krimp en krimp . . . _x000D_
_x000D_
Die derde boek in hierdie reeks. Lees ook Jannus en Kriek op die maan en Jannus en Kriek onder die see.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.