Ons bespreek nie net die groot opofferings van noemenswaardige mans en vroue uit die Bybel nie en hoe hulle optrede hulle belangrik gemaak het nie maar ons bespreek ook mense soos Yonatan Yoni Netanyanhu van Israel. Hy is die jong Israeli wat die komando eenheid gelei het om die Joodse gyselaars te red by Entebbe lughawe toe hul vliegtuig in 1976 gekaap is en in Uganda moes land. Ons kyk ook na militêre helde - soos die "SEALs" en "Delta Force. Hierdie mans gee voordurend hulle allerbeste om ander te beskerm en om die mensdom te red. Hulle offer hul lewens op om ander te beveilig. Jesus het gesê groter opoffering is daar nie, dan iemand wat sy lewe vir 'n ander gee. Ons bring hulde aan hulle!
Hulle leer ons wat opoffering behoort te wees. Jesus het juis gevra, wat se opoffering kan groter wees as wat iemand sy lewe vir sy vriende gee? Ons prys hulle vir hulle dapperheid en uitmuntende patriotisme. Hier sal ons leer van opofferings van geloof, goedheid, patriotisme, gebed, vas en loof. Wanneer jy
meer doen as wat van jou verwag word, is daar onmiddelik 'n onsigbare bonatuurlike mag wat reageer en na jou toe haas.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.