Die landbouer het saad in goeie grond gesaai. In die nag het die vyand gekom en onkruid tussen die saad gesaai. Pastoor Jaco Makkink het op 'n baie laat stadium agtergekom dat sy kerk binnegedring is deur goddelose invloede wat gekom het om die kerk te vernietig. Nadat hy deeglik ondersoek ingestel het en advies gekry het van verskillende mense, het hy 'n plan van aksie ingestel om die kerk te suiwer. Ongelukkig moes hy toesien hoe die "goeie saad", wat verswak is deur die slegte invloede, saam met die "onkruid" verwyder word. Die idee om 'n fees te gebruik om sy doel te bereik, het gekom van een van die areas in sy kerk, wat 'n suksesvolle areafees gehou het waartydens die lede verskeie dramas sou opvoer om 'n insident uit te beeld, wat 'n positiewe impak op 'n lid gehad het. Jaco het die konsert voor die hele kerk laat opvoer, waartydens hy sy suiweringsplan in werking gestel het. Dit sou die laaste fees wees wat in die kerk gehou is, want die kerk sou nooit weer dieselfde wees nie.
Hierdie is die eerste van agt boeke oor die onderwerp. Dinge gaan van erg na erger en slegs 'n handjievol getoetsde getroues bly uiteindelik oor.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.