Sie sind bereits eingeloggt. Klicken Sie auf 2. tolino select Abo, um fortzufahren.
Bitte loggen Sie sich zunächst in Ihr Kundenkonto ein oder registrieren Sie sich bei bücher.de, um das eBook-Abo tolino select nutzen zu können.
"Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug." (Ps. 124:7). Die meeste mense beland die een of ander tyd in 'n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe. In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van 'n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is…mehr
"Ons, net soos 'n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug." (Ps. 124:7). Die meeste mense beland die een of ander tyd in 'n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het die moed verloor om aan te hou lewe. In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van 'n net wat inderdaad gebreek het: Met die sterwe van Jesus is die toegang tot God vry gemaak vir almal. Die prys vir die skuld van die mensdom is betaal, sodat alle mense God te alle tye met vrymoedigheid kan nader. Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van 'n gesonde gebedslewe. In Die net is gebreek word ons herinner dat 'n groot krisis tot innerlike groei en verryking lei. Dan kan daar betekenis wees in 'n tyd van teenspoed, en 'n nuwe pad kan uit die doodloopstraat lei.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.
As dosent in Afrikaans en Nederlands, het Chris van der Merwe in byna elke faset van taal- en letterkunde klas gegee, waaronder kursusse in Afrikaanse drama en prosa, asook literêre teorie. Hy het talle artikels in Afrikaans, Engels en Nederlands geskryf en was die skrywer, medeskrywer of redakteur van sewentien boeke. Sy navorsing het oor die jare veral gehandel oor sosiopolitieke kwessies en die ekspressie van moraliteit en waarheid in die letterkunde. Sedert die 1990's het hy in sy navorsing veral begin fokus op tipiese kwessies in 'n postapartheid-Suid-Afrika - kwessies soos identiteit, trauma, skuld, vrees en vergifnis in 'n samelewing in oorgang. Met sy aftrede as professor in Afrikaans en Nederlands aan die einde van 2009 het die Universiteit van Kaapstad emeritusstatus aan hom toegeken.
Es gelten unsere Allgemeinen Geschäftsbedingungen: www.buecher.de/agb
Impressum
www.buecher.de ist ein Internetauftritt der buecher.de internetstores GmbH
Geschäftsführung: Monica Sawhney | Roland Kölbl | Günter Hilger
Sitz der Gesellschaft: Batheyer Straße 115 - 117, 58099 Hagen
Postanschrift: Bürgermeister-Wegele-Str. 12, 86167 Augsburg
Amtsgericht Hagen HRB 13257
Steuernummer: 321/5800/1497