Sie sind bereits eingeloggt. Klicken Sie auf 2. tolino select Abo, um fortzufahren.
Bitte loggen Sie sich zunächst in Ihr Kundenkonto ein oder registrieren Sie sich bei bücher.de, um das eBook-Abo tolino select nutzen zu können.
Die sprong van huursoldaat na huurmoordenaar was seker onvermydelik. Maar om dan te gaan staan en verlief raak, dodelik. Toe die Sluiper se kamerade hom verraai, het sy siel gesterf. In 'n land waar kontrakmoorde toenemend die gang van sake bepaal, begin hy sy dienste beskikbaar stel aan diegene wat van 'n lastigheid ontslae wil raak. 'n Tsoenami van moorde volg. Liefde het tog niks daarmee te doen nie, het hy gedink. Totdat dinge skeefloop en Tes Mallet vermoor word. Deur wie? Hoekom? Wat wel seker is, is dat die Sluiper hulle gaan kry. Bloed sál vloei. Die Onaantasbares is hulle wat glo…mehr
Die sprong van huursoldaat na huurmoordenaar was seker onvermydelik. Maar om dan te gaan staan en verlief raak, dodelik. Toe die Sluiper se kamerade hom verraai, het sy siel gesterf. In 'n land waar kontrakmoorde toenemend die gang van sake bepaal, begin hy sy dienste beskikbaar stel aan diegene wat van 'n lastigheid ontslae wil raak. 'n Tsoenami van moorde volg. Liefde het tog niks daarmee te doen nie, het hy gedink. Totdat dinge skeefloop en Tes Mallet vermoor word. Deur wie? Hoekom? Wat wel seker is, is dat die Sluiper hulle gaan kry. Bloed sál vloei. Die Onaantasbares is hulle wat glo hulle is onkwesbaar. Elkeen dink hy's Superman. Almal is lief vir hom en lood penetreer hom nie. Hy dink mespunte breek teen sy groot hart. Hy oorweeg nie die moontlikheid dat hy nie die oggendson sal sien nie. Of dat die Sluiper reeds in sy huis is nie. Een oomblik sien hy sy makkers op kanaal 404 in 'n optog êrens, hy gryp die afstandbeheer, roep sy vrou, verstel die volume, knak 'n bier op die revolution, en bloei dan dood deur 'n klein gaatjie agter in sy skedel. Aksiebelaai, volwasse en brutaal, maar altyd besinnend. Met Die Onaantasbares betree Hofmeyr die skaduwêreld van huurmoord en misdaad. Van verraad en boetedoening. Wat elders moontlik vergesog is, is hier 'n gegewe - heel waarskynlik terwyl jy hier lees, want die Sluiper is aan't beweeg. Sonder kontrak.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.
Die Herstellerinformationen sind derzeit nicht verfügbar.
Autorenporträt
Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheidskunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug. As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man en verskeie films en sepies, insluitende Egoli. Hy het reeds 'n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en 'n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem, was 'n topverkoper in 2008, en sy drie romans - Vier briewe vir Jan Ellis (2010), Die verste uur (2011) en Kapabel (2012) - is gunstig deur kritici ontvang.
Es gelten unsere Allgemeinen Geschäftsbedingungen: www.buecher.de/agb
Impressum
www.buecher.de ist ein Internetauftritt der buecher.de internetstores GmbH
Geschäftsführung: Monica Sawhney | Roland Kölbl | Günter Hilger
Sitz der Gesellschaft: Batheyer Straße 115 - 117, 58099 Hagen
Postanschrift: Bürgermeister-Wegele-Str. 12, 86167 Augsburg
Amtsgericht Hagen HRB 13257
Steuernummer: 321/5800/1497
USt-IdNr: DE450055826