8,95 €
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
8,95 €
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
Als Download kaufen
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
Jetzt verschenken
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én 'n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op "wittebrood" moet gaan - om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat 'n leesgids met . inligting oor die skrywer . 'n inleiding tot die roman . literêre begrippe . hoofstukopsommings en woordelyste . vrae en antwoorde . assesseringsriglyne…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.33MB
Produktbeschreibung
Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met 'n akteur met twee seuns getrou en nou is Hanna en haar halfboetie twee broers én 'n stiefpa ryker. En asof dit nie genoeg is nie, kry hul ma die simpel idee dat die hele gesin saam op "wittebrood" moet gaan - om mekaar beter te leer ken. Hierdie leerdervriendelike skooluitgawe van Marita van der Vyver se Sanlam-pryswenner bevat 'n leesgids met . inligting oor die skrywer . 'n inleiding tot die roman . literêre begrippe . hoofstukopsommings en woordelyste . vrae en antwoorde . assesseringsriglyne

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Marita van der Vyver is die skrywer van 'n verskeidenheid boeke vir volwassenes en kinders. Sy is in Kaapstad gebore, was op laerskool in Bellville en op hoërskool in Menlopark en Nelspruit. In haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar in 1975, wen sy 'n landwye digkunswedstryd vir hoërskoolleerlinge. Die prys is 'n studiebeurs vir vier jaar aan die universiteit van haar keuse. Sy gaan na Stellenbosch, waar sy in 1978 'n B.A. En in 1979 'n honneursgraad (cum laude) in joernalistiek verwerf. 'n Paar jaar later, as deeltydse student, behaal sy 'n meestersgraad in joernalistiek met 'n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers. Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes, die opspraakwekkende Griet skryf 'n sprokie in 1992, wat 'n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon. Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Sedert 1999 woon Marita saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.