Die hospitaal waar sy verpleegsuster is, se Don Juan, dr. Arnold Lutz, het sy oog op haar en sy weet nie hoe om sy onwelkome attensies die hoof te bied nie. Selfs die feit dat sy met Hannes Eksteen, vooruitstrewende boer van die plaas Franskraal, trou, skrik die voortvarende dr. Lutz nie af nie.
Dan verskyn dr. Christian Willems, briljante chirurg, op die toneel, en in plaas daarvan dat hy vir haar uitkoms bied, word Karien se lewe net verder deurmekaar gekrap.
Uiteindelik is dit 'n terminaal siek meisietjie van vyf wat vir die erg beseerde Hannes en die ander weerlose en ontredderde grootmense die pad na herstel aanwys.
In Die uurglas loop leeg is daar veral een lewensles te leer: om voluit te leef is 'n gawe wat elkeen self moet ontdek.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.