Sie sind bereits eingeloggt. Klicken Sie auf 2. tolino select Abo, um fortzufahren.
Bitte loggen Sie sich zunächst in Ihr Kundenkonto ein oder registrieren Sie sich bei bücher.de, um das eBook-Abo tolino select nutzen zu können.
Terwyl Afrikaanse fiksiesoorte al hoe duideliker afgebaken word, raak François Bloemhof se werk minder definieerbaar - en hier is weer 'n storie wat geen resep volg nie. 'n Kantoorwerker, kopdokter en skrywer beïnvloed mekaar op uiteenlopende wyses. Die leser weet meer as dié drie, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat kom volgende nie. Maar aan wie behoort die vierde stem? Watter rol speel sy in die gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller…mehr
Terwyl Afrikaanse fiksiesoorte al hoe duideliker afgebaken word, raak François Bloemhof se werk minder definieerbaar - en hier is weer 'n storie wat geen resep volg nie. 'n Kantoorwerker, kopdokter en skrywer beïnvloed mekaar op uiteenlopende wyses. Die leser weet meer as dié drie, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat kom volgende nie. Maar aan wie behoort die vierde stem? Watter rol speel sy in die gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met 'n blik op menseverhoudinge wat jy nie aldag kry nie.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.
Die Herstellerinformationen sind derzeit nicht verfügbar.
Autorenporträt
François Bloemhof is die enigste skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self die wenboeke aanwys. Onder sy baanbrekerswerk (op wêreldwye vlak en nie bloot plaaslik nie) tel die eerste boek met 'n oorspronklike (selfgekomponeerde) CD-klankbaan, eerste boek met 'n eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Voeg daarby die eerste/enigste Afrikaanse strokiesreeks en die heel eerste e-boek in Afrikaans. Verder het hy al tekste vir die verhoog ('n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer. Rolprentwerk en liedjies skryf is sy nuutste "tydverdrywe". Hy is 'n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent, -joernalis en -samesteller. Hy was ook al verhaleredakteur by Sarie en boekeredakteur by Die Burger.
Es gelten unsere Allgemeinen Geschäftsbedingungen: www.buecher.de/agb
Impressum
www.buecher.de ist ein Internetauftritt der buecher.de internetstores GmbH
Geschäftsführung: Monica Sawhney | Roland Kölbl | Günter Hilger
Sitz der Gesellschaft: Batheyer Straße 115 - 117, 58099 Hagen
Postanschrift: Bürgermeister-Wegele-Str. 12, 86167 Augsburg
Amtsgericht Hagen HRB 13257
Steuernummer: 321/5800/1497
USt-IdNr: DE450055826