Jenna Joubert wíl nie deur dokter Luca de Wet, befaamde kardioloog van die Kaap, ondersoek of behandel word nie. Sy kan hom die moeite spaar. "My hart," sou sy vir hom kon sê as hy haar sou vra, "is gebreek. Hou jou daaruit as jy weet wat goed is vir jou." Luca de Wet duik orals op, maar sy vertrou hom nie. Sy wéét wat gebeur wanneer 'n hartchirurg gou is om die mes in te lê - en al die pad bank toe te lag - sonder om sy pasiënt se welstand in ag te neem.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.