11,95 €
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
6 °P sammeln
11,95 €
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
6 °P sammeln
Als Download kaufen
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
6 °P sammeln
Jetzt verschenken
11,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
6 °P sammeln
  • Format: ePub

Ellie gewaar hulle in die truspieëltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. 'n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in 'n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei jong mans hul sonbrille teen hul voorkoppe opskuif, rondkyk en dan in die agterste bank gaan sit. Die dag toe Ellie McKenna haar huis in die Kaap verhuur het, haar motor gepak en begin ry het, het sy nie 'n plan gehad nie. Al wat sy geweet het, is dat sy eers moet wegkom. Sedert die aand toe haar pa by…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.47MB
Produktbeschreibung
Ellie gewaar hulle in die truspieëltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. 'n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in 'n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei jong mans hul sonbrille teen hul voorkoppe opskuif, rondkyk en dan in die agterste bank gaan sit. Die dag toe Ellie McKenna haar huis in die Kaap verhuur het, haar motor gepak en begin ry het, het sy nie 'n plan gehad nie. Al wat sy geweet het, is dat sy eers moet wegkom. Sedert die aand toe haar pa by 'n padblokkade doodgeskiet is, was daar nog nie tyd om terug te staan en behoorlik oor alles te dink nie. Daar was werk om te doen. Sy wou aanvanklik uit die polisiediens bedank, maar op die ou end het sy ingewillig om eers net vir ses maande met mediese verlof te gaan. Nou is dit amper vyf maande later en sy stel die besluit daagliks uit. Sy hou van haar nuwe lewe op die platteland; die huis wat sy op die plaas huur, pas haar. Sy het 'n leidam waarin sy swem en twee groot bome waar sy 'n hangmat gespan het. Sommige aande help sy in een van die plaaslike kuierplekke en nou en dan tel sy haar kitaar op en sing laataand vir die vasbyters. Tot haar eie verbasing help sy ook nog sommer hier en daar op 'n Sondag uit as die kerk se orrelis nie kan speel nie. Daar is 'n verleidelike eenvoud aan haar lewe hier agter die Langeberge. Sy vul haar dae en die meeste aande met alledaagse dinge. Dis net wanneer sy nie kan slaap nie dat sy in die spaarkamer gaan sit, daar waar haar kaarte, diagramme en lyste teen die mure opgeplak is. Van name, datums, verbintenisse. Êrens in die web is die naam van haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. Dit is die enigste kontak wat sy met haar vorige wêreld het. Die lyste en die rugsak met klere wat sy in die ou murasie weggesteek het. Sy is nie seker waarom sy dit gedoen het nie, maar sy weet sy het daarna effe rustiger geslaap. Terwyl sy hulle in die truspieëltjie langs die orrel dophou, weet sy dit was vir hierdie dag. En sy weet ook sy sal moet gaan uitvind wie haar soek, en waarom.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Wilna Adriaanse is in 1958 in die Kalahari gebore en het op Worcester grootgeword. Haar bekendste boeke is Met ander woorde (2006), Vier seisoene kind (2010) en Dubbelspel (2014). Sy het haar MA-graad in skeppende skryfwerk aan die UK voltooi, en daaruit spruit haar roman 'n Klein lewe (2012). Sy verdeel tans haar tyd tussen Botswana en die Boland.