Sy droom van 'n matrieksertifikaat en 'n lewe ver weg van haar swakkeling-ma, dronklap-pa en 'n vegkryt waarin min reëls geld. Maar haar skoolwerk ly ál meer onder die laatnaggevegte.
Dan sien 'n voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy bied haar 'n beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die kampioentrofee in die visier het.
Ellamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee 'n kampioen te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.
Dan gaan die wêreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge loop lelik skeef en Cazlee moet 'n besluit neem wat haar hele toekoms kan beïnvloed.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.