Mia Bindemann skryf vir 'n lewe. Maar anders as wat sy graag wil, skryf sy nie artikels of nuusberigte nie. Sy skryf sepie-opsomminkies vir Nuusweek se TV-gids. Dan kry sy haar kans: Nuusweek stuur haar na Bahrein, 'n eksotiese woestyneiland in die Midde-Ooste, 'n plek bekend as die Tuin van Eden. Sy moet 'n artikel gaan skryf oor 'n bomontploffing op 'n veerboot waarin baie Suid-Afrikaners dood is. Maar dit kan nie sommer enige artikel wees nie, waarsku Grethe haar vooraf. Sy moet 'n scoop kry - eksklusief vir Nuusweek.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.