_x000D_
"Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?" vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. "Hoekom het ons nie ook verlede jaar ná matriek op 'n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?" _x000D_
_x000D_
Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. "Dalk wou ons nie," antwoord sy. "Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe."_x000D_
_x000D_
Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat ná 'n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op 'n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op 'n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.