_x000D_
Inboekelinge._x000D_
_x000D_
Die seun aan die tou sien 'n swart meisie vanuit 'n tuitkappie na hom staar. Eers later, toegesluit in 'n smidswinkel, sal hy agterkom wie en wat sy is. En as hy saamgeneem word op 'n ekspedisie om gesteelde vee terug te kry, sal hy te staan kom voor die godskreiende werklikheid van háár lewe: 'n kind wat tussen die lyke van haar ouers opgeraap en op die saal van 'n ruiter weggevoer is._x000D_
_x000D_
En dit sal hierdie eenvoudige seun wees, wat aan 'n riem op daardie trekkerswerf aangesleep is, wat dit dat daar in die hinterland tuisbring dat daar geen durender band is, g'n tou so sterk nie, soos die verbintenisse wat die hart aangaan._x000D_
_x000D_
Inboekeling is oorrompelend in sy uitbeelding van eenvoudige hartstog. Dit is die verhaal van 'n seun wat grootgeword het in die wordingsjare van die moderne Suid-Afrika, en help gestalte gee het aan wat ons deesdae onder die woord "vryheid" verstaan.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.