10,95 €
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
10,95 €
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
5 °P sammeln
Als Download kaufen
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
Jetzt verschenken
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

Die ketodieet is lankal bekend; miskien het jy daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur 'n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Ontspan, dis nie jou skuld nie.
Of die leefstyl nou vir jou splinternuut is of dalk volg jy dit al noukeurig en het jy nuwe inspirasie nodig, hierdie boek het iets vir almal. Ná die wegholsukses van sy eerste boek, Living the Ultimate Keto Lifestyle (2022), wil Hendrik Marais die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekendstel terwyl hy…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 107.75MB
Produktbeschreibung
Die ketodieet is lankal bekend; miskien het jy daarvan gehoor maar verstaan die konsep nie heeltemal nie en dink dis te duur. Of miskien het jy dit getoets maar is oorweldig deur 'n oorvloed dikwels teenstrydige inligting en het jy moed opgegee. Ontspan, dis nie jou skuld nie.
Of die leefstyl nou vir jou splinternuut is of dalk volg jy dit al noukeurig en het jy nuwe inspirasie nodig, hierdie boek het iets vir almal. Ná die wegholsukses van sy eerste boek, Living the Ultimate Keto Lifestyle (2022), wil Hendrik Marais die ketogeniese leefstyl aan selfs meer mense bekendstel terwyl hy aanhangers terselfdertyd 'n vereenvoudigde uiteensetting van die jongste neigings en 'n volledige stel maklike en smaaklike resepte wil bied.
Keto Lifestyle: maklik is 'n gids vir die implementering van 'n ketogeniese dieet met periodieke vas (opsioneel). Dit sluit in vier maaltydplanne (twee is standaard en twee verg spesifieke voorbereiding) met meer as 66 resepte wat eenvoudig is om te volg, sinvol is, wat sowel begroting- as beurtkragvriendelik is en jou tyd sal spaar. Jy sal mal wees oor die geurige, tradisioneel Suid-Afrikaanse resepte wat ook 'n ketovriendelike vermaaklikheidspyskaart insluit om jou vriende te onthaal en goeie tye op 'n gesonde en bekostigbare manier met hulle te deel.
Maar daar's soveel meer: inligting oor voedingswaarde, raad oor oefening en maniere om jou motivering te handhaaf. Die belangrikste is egter hoe om 'n lewenstyl te kweek wat nie net gewigsverlies op die kort termyn ondersteun nie, maar ook die gewig vir jare lank onder beheer sal hou - iets waarmee die meeste mense desperaat worstel.
Die boodskap van hierdie boek is maklik: 'n Ketogeniese dieet hoef nie ingewikkeld, duur of tydrowend te wees nie.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Hendrik Marais, entrepreneur, sportentoesias en voormalige prokureur vir die verdediging in strafregtelike sake, het tienduisende mense aangemoedig om gewig te verloor en met die Keto Lifestyle¿ 'n gesonder lewe te begin. Hy het dit in 2017 gevestig in reaksie op sy eie reis deur gewigsverlies. Sedertdien het dit een van sy belangrikste lewensprojekte geword en het dit hom in staat gestel om sy kennis en ervaring te deel om ander mense te motiveer en aan te spoor om gewig te verloor sodat hulle hul kwessies oor liggaamsbeeld en negatiewe verhoudings met kos kon oplos. Sy liefde vir navorsing, leeswerk oor dissiplines heen en 'n obsessiewe soeke na die heel beste oplossing vir sy gesondheidsprobleme het hom gelei om die ketogeniese dieet, periodieke vas en 'n handvol eenvoudige dog doeltreffende gewoontes en tegnieke vir vetverlies toe te pas.