2,99 €
2,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
0 °P sammeln
2,99 €
2,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
0 °P sammeln
Als Download kaufen
2,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
0 °P sammeln
Jetzt verschenken
2,99 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
0 °P sammeln
  • Format: ePub

Paul Rodney Turner, internasionale direkteur van Food for Life Global, die wêreld se grootste netwerk van organisasies wat plantgebaseerde voedsel voorsien, het 'n nuwe boek in die selfhelp-genre uitgebring, genaamd Krag van die siel - Vyf edel waarhede vir 'n suksesvolle lewe. Die boek se inhoud is gegrond op sy 35 jaar ervaring as 'n praktisyn van die Bhagavad-gita.
Dit is 'n opvolg op sy vroeëre boek, die hoogaangeskrewe, FOOD YOGA - Nourishing Body, Mind & Soul wat hom wêreldroem besorg het as die Food Yogi.
"Een aand in New York, terwyl ek pen in die hand by die tafel gesit en
…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.64MB
Produktbeschreibung
Paul Rodney Turner, internasionale direkteur van Food for Life Global, die wêreld se grootste netwerk van organisasies wat plantgebaseerde voedsel voorsien, het 'n nuwe boek in die selfhelp-genre uitgebring, genaamd Krag van die siel - Vyf edel waarhede vir 'n suksesvolle lewe. Die boek se inhoud is gegrond op sy 35 jaar ervaring as 'n praktisyn van die Bhagavad-gita.

Dit is 'n opvolg op sy vroeëre boek, die hoogaangeskrewe, FOOD YOGA - Nourishing Body, Mind & Soul wat hom wêreldroem besorg het as die Food Yogi.

"Een aand in New York, terwyl ek pen in die hand by die tafel gesit en effens mismoedig gevoel het, het ek myself die eenvoudige vraag gevra: Wat is spesiaal aan my?

Ek het my pen toegelaat om te vloei sonder om te veel oor die antwoorde na te dink, en tot my verbasing het ek met vyf verklarings vorendag gekom. Dis maklik om te onthou, en soos julle sal sien, het dit raakpunte met die kern van ons bestaan.

So is die vyf edel waarhede, wat nou rigting in my lewe verskaf, gebore: Ek is kragtig; Ek is beskerm; Ek is volmaak; Ek is prasadam; Ek is voorspoedig," het hy verduidelik.

Turner hoop dat hierdie verklarings mense die vertroosting, krag en die wysheid sal besorg wat hulle nodig het om sukses in die lewe te behaal en om hulle te herinner presies hoe ongelooflik hulle as geestelike siele is.

In die uitbreiding van die betekenis van elke verklaring, het Turner die leringe van verskeie esoteriese en geestelike tradisies gebruik, met spesiale verwysing na die Vediese geskrifte. "Ek het die boek in wese vir myself geskryf," sê hy. "Terwyl ek besig was om elke woord te tik, het ek die rol van empatiese vriend wat bemoediging bied, aangeneem. Elke woord in hierdie boek is met die uiterste opregtheid en ter bemoediging deur die hand van 'n vriend geskryf."

'n Verklaring is 'n bevestiging van iets wat waar is. Turner hoop dat lesers aanklank sal vind by die verklarings in Krag van die siel soos wat hy daarby aanklank gevind het; en dat hulle dit sal aanneem en toepas binne die konteks van hul eie geestelike tradisie.

"Elkeen van hierdie verklarings is gegrond op die uitgangspunt dat ek en jy en alle lewende dinge op hierdie planeet siele is - ewige, verpersoonlikte vonke van die Skepper, onverbonde aan tyd, en die ware essensie van wat ons bewustelike wesens maak, " verduidelik hy.

Om die verbale verklarings aan te vul, het Turner ook geometriese ekwivalente (yantras) vir elke verklaring voorsien wat die leser sal help in hul meditasie.

Krishna Dharma, 'n ISKCON-skrywer praat met groot lof van die boek:

"Daar word gesê dat die grootste wysheid is om jouself te ken. In hierdie uitstekende en fassinerende boek stel Paul Rodney Turner ons bekend aan die vyf lewensveranderende waarhede oor wie en wat ons werklik is. Deur skrifte uit verskillende geestelike tradisies te gebruik, veral die Sanskrit-tekste van Indië se Vediese leringe, wys hy dat ons veel wonderliker is as wat ons ons ooit sou kon verbeel.

Hy bied ons vyf kragtige meditasies, elke vergesel van 'n mistieke yantra wat die essensiële waarheid beliggaam en help om die bewussyn te verruim. Deur hierdie waarhede oor die self diep te bepeins, en saam met die yantras te gebruik, sal jy verseker bemagtig word om jou lewensdoelwitte te bereik en 'n diepgaande en standhoudende vrede en innerlike geluk te ervaar."


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.