10,95 €
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
10,95 €
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
5 °P sammeln
Als Download kaufen
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
Jetzt verschenken
10,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

As hy die finansiële state het, kan hy begin. Dan kom die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hul base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer 'n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só 'n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs 'n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is dié…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 1.2MB
Produktbeschreibung
As hy die finansiële state het, kan hy begin. Dan kom die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hul base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer 'n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só 'n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs 'n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag. Roux Venske, hy is dié jagter. Jare in die staatsdiens, eers die polisie en toe forensies, maar nou vryskut. Die oproep wat hy van Nono Baloyi gekry het, maak hom nie juis opgewonde nie. Hy het nie ooghare vir die nuwe politieke elite nie, hulle is vir hom net so erg soos die voriges. Maar toe kry hy, terwyl hy met haar goed besig is, dié state. Dié van Vincent Mabena, een van die rykste mense in die land. En die jag begin. Krake is 'n goed geoliede geweer van 'n spanningsroman. Vlot, blitssnel, doodsekuur, maar met 'n polsslag wat saamval met die hartklop van hierdie komplekse land en al sy mense.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Peet van Staden het so te sê bygestaan toe die ou Suid-Afrika sy asem uitgeblaas en die nuwe sy asem onder 'n gedawer ingetrek het. Dit het hom presies die agtergrond verskaf vir die skryf van 'n verhaal soos Krake. Hy was veertig jaar joernalis, die laaste sewe-en-twintig jaar daarvan 'n senior lid van die SAUK se TV-nuusredaksie. Aanvanklik was hy nuusskrywer, van 1985 af meer as dertien jaar lank bulletinredakteur, en in sy laaste twaalf jaar voor aftrede as uitvoerende regisseur oorhoofs in beheer van Afrikaanse TV-nuus. As skoolseun en student was hy al joernalis. Daarna was hy aanvanklik koerantman, en het as sportskrywer by Die Vaderland en Rapport gewerk.