Lana het ná n liefdesteleurstelling op Langebaan kom heel word, hier waar niemand die potjierol van vroeër ken nie, waar sy weer kan leer om goed genoeg te voel.
Vir iemand wat sukkel met haar selfbeeld, is die eerste keer wat sy en Ben mekaar sien, nie van die beste nie: Sy struikel in n restaurant en raak slaags met n skinkbord vol aarbeimelkskommel. En van daar af bly dinge tussen haar en Ben Kok problematies: Hys veels te sexy, om mee te begin, en duidelik n player van formaat, kom Lana op hul eerste afspraak agter hy wil sommer vatterig raak, en met haar geskiedenis is dit die laaste eienskap waarna sy soek in n man.
Buitendien, daars beter dinge op die horison toe Lana die nuwe dokter op die dorp se aandag trek, en gou is die twee van hulle in n . . . wel, heel goeie verhouding. Net jammer André kritiseer nogal haar smaak. En haar lyf. En haar eetgewoontes. Maar nee, hys eintlik báie gaaf.
Ben, n sjef van beroep, wil opmaak vir sy flater en bied aan om Lana te leer kosmaak, om die vegetariese André te kan beïndruk. Net gou moet Lana keer vir die kookwater, en nie nét in die kombuis nie . . .

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.