Speurder Cronje word versoek om die skynbare selfdood van 'n bekende sitrusboer te ondersoek. Die oorledene se vrou is oortuig haar man is vermoor. Dit neem Cronje nie lank om haar vermoede te bevestig die. Daar is heelwat verdagtes, en om die skuldige vas te trek, raak 'n groot uitdaging. Die ondersoek sleur. Die eienaars van die gastehuis, waar die moord gepleeg is, tree uiters vreemd op. Selfs die weduwee het 'n twyfelagtige verlede. Boonop sukkel Cronje om met die ywerige en onervare patoloog, Richard Roux oor die weg te kom. In dié tweede boek beleef die enigmatiese Konstantyn Cronje vele frustrasies. Hy, wat Cronje is, verkies om op sy eie te werk. En só raak hy byna self 'n slagoffer...
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.