7,95 €
7,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
7,95 €
7,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
Als Download kaufen
7,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
Jetzt verschenken
7,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met 'n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou. Aan die een kant skakeer die geel uit na wit - hoofsaaklik van die maan - en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. Die…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.43MB
Produktbeschreibung
Van een van die voorste digters in Afrikaans kom hierdie baie ongewone bundel. Dit is gewy aan die son, wat hier in die verskillende gele van aarde en hemel besing word as die bron van lewe. Dit begin met 'n songeel landskapskildery waarop sewe telefoonpale voortstap, en waaier daarvandaan uit asof dit sewe aparte verhale uit die digter se lewe en reise op aarde vir die leser laat oopvou. Aan die een kant skakeer die geel uit na wit - hoofsaaklik van die maan - en aan die ander kant na die rooi van vuur, lawa, orkane en tsoenami's. Die deurlopende tema is lewe en verlies; verlies en lewe. Die gedigte praat, soms met ontstellende direktheid, oor die ervaring van vroue op ver plekke - in antieke Griekeland, Afganistan, Meksiko, Tibet, Rusland en Malta - maar kom elke keer weer tuis by die graanwêreld van die Overberg waar die digter, soos sy self sê "in die geelte van graan gebore is, en weer daar sal gaan lê". Daar is hartstogtelike liriese gedigte, maar ook heelwat vertellende verse waarin 'n oombliklike insig in 'n ander mens se lewe oorvertel word. Dit is gedigte vol karakters - die gespreksgenoot Harald uit vorige bundels, die mal-Elsie wat in Müller se kortverhale te vinde is, die ontwykende Geliefde, vriende soos David en Martin, broers en 'n suster, en dan veral die alomteenwoordige ouers, die mooi Ma en die "woeste" Pa. 'n Mens sou kon sê dat Müller se digwerk 'n voortganende proses is, 'n soort onderbroke verhaal, waarin hierdie bundel 'n mylpaal is.


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.