8,95 €
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
8,95 €
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
Als Download kaufen
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
4 °P sammeln
Jetzt verschenken
8,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
4 °P sammeln
  • Format: ePub

Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare 'n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef , gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen - hy wil met kos werk en 'n seleb wees - dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels!
Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou , Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se
…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 55.11MB
Produktbeschreibung
Vir sjef Tiaan Langenegger was dit sedert sy kinderjare 'n droom om sy eie kookboek te hê. Vandat hy op dertienjarige ouderdom Jamie Oliver se eerste kookboek, The Naked Chef, gesien het, het hy geweet dit is wat hy ook wil doen - hy wil met kos werk en 'n seleb wees - dis nou voordat hy besef het wat laasgenoemde regtig behels!
Na aanleiding van Tiaan se kookprogramme Tiaan onthou, Tiaan kook en Tiaan proe op kykNET en Showmax het hy baie navrae van kykers gekry oor waar hulle die resepte kan kry, en só is die idee vir sy eie kookboek gebore. Dit is geïnspireer deur sy ma en ouma se kos, en dis baie anders as wat hy jare gelede gedink het dit sou wees: Dit is meer back to basics. Hy deel ook resepte wat hy deur die jare geleer maak het waar hy in verskillende bekende restaurante gewerk het, waaronder Le Quartier Français op Franschhoek en Overture op Stellenbosch.

Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Tiaan Langenegger se pad met kos het al as kind begin, waar hy in 'n familie grootgeword het wat almal lief is vir lekker kos. Op skool was hy een van vier seuns in 'n huishoudkundeklas van omtrent veertig aan die Hoërskool Stellenbosch. In graad tien, in 2003, het hy aan Rooi Rose se Toptienerkok-kompetisie deelgeneem en dit nié gewen nie. In 2004 het hy teruggegaan en dit gewen. Daar was 'n paar jaar van dink en swot. In 2012 het hy Unilever se Sjef van die Jaar-kompetisie en Sunday Times se Jong Sjef van die Jaar-kompetisie gewen, en in 2013 was hy medewenner van die eerste seisoen van die werklikheidskookkompetisie Kokkedoor op kykNET. Dit is waar hy regtig bekend geword het. Daarna was hy en sy Kokkedoor-kookmaat, Mynhardt Joubert, in 2015/2016 saam in die TV-program Makietie en het hul gelyknamige kookboek verskyn. Sjef Tiaan was ook 'n beoordelaar van Koekedoor in 2015 en het Tiaan onthou (oor sy oumas se kos) en Tiaan kook op kykNET aangebied. Die nuutste is Tiaan proe, 'n Jamie Oliver-tipe program, wat ook op Showmax gesien kan word. Hy het al by van die bekendste restaurante in die land gewerk, waaronder Le Quartier Françaisop Franschhoek en Bertus Basson se Overture op Stellenbosch. Hy het al baie getoer en by feeste en damesoggende opgetree waar hy kosdemonstrasies gelewer het. In 2020 het sy lewe 'n onverwagse draai geneem toe Covid-19 toegeslaan en hom sonder werk gelos het. Dit is ook die tyd toe sy en sy vrou, Nadia, se dogtertjie, Klara, gebore is. Tans is hy hoofsjef by Generation Schools in Somerset-Wes waar hy elke dag vir sowat 400 kinders kos maak.