Die splinternuwe Pharos Tweetalige Skoolwoordeboek kan nou ook op tablette geraadpleeg word. Naslaanwerk in 'n woordeboek was nog nooit so maklik nie. Vinnige soekresultate en snelskakels help om die gepaste Afrikaanse of Engelse vertaling in 'n japtrap te vind. Die e-woordeboek bevat meer as 10 000 trefwoorde uit Afrikaans en Engels. Hierdie versameling trefwoorde bevat die kernwoordeskat van albei tale. Die volgende inligting word vir elke trefwoord verskaf: woordafbreking, primêre klem, fleksievorme soos meervoude, verledetydsvorme en trappe van vergelyking, 'n gepaste vertaling, en volsinne wat die gebruik van die woord illustreer. Die trefwoord word in blou aangegee wat die woordeboek meer gebruikersvriendelik maak. Afleidings van die trefwoord word na die inskrywing gegee, sodat die gebruiker woordfamilies kan identifiseer. Addisionele inligting word in kassies aangebring om leerders met problematiese spelling- en grammatikale kwessies te help. Boonop bevat die e-woordeboek ook 'n supplement met addisionele taalinligting oor Afrikaans en Engels. Die trefwoordlys is saamgestel op grond van die kernwoordeskat wat in leerders se handboeke voorkom en weerspieël dus die woordeskat waarmee leerders elke dag gekonfronteer word. Die e-woordeboek is perfek vir gebruik in die klaskamer en tuis.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.