Wanneer Dolf hoor dat Magdali geskei is, keer hy terug na Suid-Afrika van Switserland en koop 'n aandeel in die ortopediese praktyk by Ruisdal Hospitaal. Hy gebruik haar pa se misdryf om Magdali te forseer om 'n jaar lank met hom in 'n skynhuwelik te tree, in die hoop om só van lastige meisies te ontsnap.
Magdali besef gou dat sy steeds smoorverlief is op Dolf en dat hy ook baie sterk aangetrokke is tot haar. 'n Nag van passie lei tot 'n skokkende ontdekking vir Magdali, terwyl dit juis toe lyk asof Dolf Switserland en een van sy ander meisies gekies het. Sal hulle twee se ou-ou liefde en respek vir mekaar oorwin?
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.