In Jakkalswater rig Oom Bennie 'n moeilike versoek tot Daan: daar is iemand op Walvisbaai wat op hom wag. Hy moet haar gaan haal, en voordat hulle terugkeer na die plaas Jakkalswater, moet Daan eers met haar trou. Daar is geen ander uitweg nie, dit weet Daan. Want 'n vrou alleen tussen die spul mansmense op Jakkalswater gaan net moeilikheid afgee.
En in Die winskopie kry Gerhard Fouché snuf in die neus wanneer hy dieselfde verslonste ou oom eers in Lüderitz en later in Otavi teëkom. Dat dié ou oom besig is met konkelwerk, is duidelik, maar waarom is die jong seun aan sy sy 'n handlanger? Dalk moet hy maar ingryp en die seunskind onder sy toesig plaas."
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.