9,95 €
9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
9,95 €
9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
5 °P sammeln
Als Download kaufen
9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar
payback
5 °P sammeln
Jetzt verschenken
9,95 €
inkl. MwSt.
Sofort per Download lieferbar

Alle Infos zum eBook verschenken
payback
5 °P sammeln
  • Format: ePub

'n Reënboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op 'n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, "olifantfluisteraar", TV-man en bekende natuurkenner - en hy is glad nie seker of die tenger rooikop-veearts die werk sal kan doen nie. Asof dit nie genoeg is nie, besluit Niel dat hy Aralie ten alle koste wil…mehr

  • Geräte: eReader
  • mit Kopierschutz
  • eBook Hilfe
  • Größe: 0.53MB
Produktbeschreibung
'n Reënboog vir Aralie: Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op 'n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles nog in aanbou is. En boonop behoort die plek aan Franco Conradie, "olifantfluisteraar", TV-man en bekende natuurkenner - en hy is glad nie seker of die tenger rooikop-veearts die werk sal kan doen nie. Asof dit nie genoeg is nie, besluit Niel dat hy Aralie ten alle koste wil terugwen. Moet Aralie Niel nog 'n kans gee, of sal Belelapa se aantrekkingskrag sterker wees? Skoonlief en die dirigent: Nina se troetelnaam is dalk Skoonlief, maar sy's nie 'n meisie wat jy sonder handskoene aanpak nie. Sy is 'n inspekteur van Georganiseerde Misdaad in die Polisiediens en het ses ouer broers. Na 'n voorval waar Nina op invloedryke mense se tone trap, kry sy opdrag om deel uit te maak van Quinn Chauncey se sekuriteitspan tydens sy optrede in Suid-Afrika. Quinn mag dalk 'n wêreldberoemde Ierse dirigent en violis wees, maar Nina beskou sy uitverkoopte konserte as tydmors en onbelangrik. Quinn hoor Nina by 'n troue sing en toe een van sy soliste siek word, vra hy Nina om in te staan. Maar die vonke spat behoorlik tussen Skoonlief en die dirigent! Liefde in fokus: Xante is 'n fotograaf wat dit haat dat mense na haar kyk. Sy sukkel regtig om die Kaapse mense te verstaan. Hulle is so ánders as die Namibiërs. Faan Viljoen is 'n argitek met 'n passie vir bekostigbare behuising. Hy is ook die pa van 'n dogtertjie wat graag 'n model wil word - iets wat vir hom heeltemal onaanvaarbaar is. Die dogtertjie se ma, sy eks, was immers 'n model, en kyk waarop het dít uitgeloop . . . In 'n Kaapse township, tydens 'n fotosessie van Faan Viljoen se behuisingsprojek, ontmoet hy vir Xante. Dit lyk asof hulle op professionele vlak goed sal saamwerk, maar toe Faan Viljoen 'n paar weke later sien hoedat Xante sy dogtertjie afneem met die oog op modelwerk, is die gort gaar . . .


Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.

Autorenporträt
Ettie Bierman is 'n alombekende, gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy is getroud met Roelf van Rensburg, self ook skrywer en oud-uitgewer. Hulle woon sedert 2003 aan die suidkus van KwaZulu-Natal, waar sy ná 'n stilte van ses "sabbatsjare" weer volstoom aan die skryf is.