Die ekonomiese veranderinge in die land raak hulle onverwags in die ergste vorm moontlik en tuimel die Brands se hele kaartehuis inmekaar.
Om te ontvlug van alles, onderneem sy uit desperaatheid 'n reis saam met haar jarelange vriendin, Mirinda, na die eiland Koh Samui in Thailand.
Op hierdie tropiese eiland ervaar sy vir die eerste keer die leefwyse van die gewone man op straat. Sy ontdek ook dat die liefde nie net 'n mite is nie, maar werklik bestaan toe sy die aantreklik Xavier du Pont toevallig ontmoet.
Hierdie raak dus haar lewensreis om haarself te ontdek in alle fasette. Sy bevind haar telkemale in situasies waar Xavier du Pont tot haar redding moet kom en daar ontwikkel 'n verhouding tussen hulle twee.
Kan hierdie verhouding die toets van die liefde en al die faktore van buite weerstaan? Daar is die wêreldwyse Genivieve wat daarin slaag om soos 'n slang die paradys binne te seil.
Kan hierdie 'Adam en Eva daarin slaag om die slang te omseil? Is daar iets soos liefde met die eerste oogopslag ?
Kom saam na Samui en vind uit..... !
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.