Sie sind bereits eingeloggt. Klicken Sie auf 2. tolino select Abo, um fortzufahren.
Bitte loggen Sie sich zunächst in Ihr Kundenkonto ein oder registrieren Sie sich bei bücher.de, um das eBook-Abo tolino select nutzen zu können.
Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is 'n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die "roaring 40s" en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, 'n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Die geweld van die liefde en die verraderlike lugspieëlings van die digkuns is deurlopende temas. Solank verlange die sweep swaai is die woorde van iemand wat…mehr
Danie Marais se derde digbundel, Solank verlange die sweep swaai, is 'n mymerende, soms prewelende, plek-plek tierende besinning oor die Suid-Afrikaanse middelklas-weergawe van die menslike toestand. Dit gaan oor die "roaring 40s" en die eerste onheilspellende tekens van middeljarigheid, oor egskeiding, enkelvaderskap, ontnugtering, 'n geliefde ma wat by die dood omdraai en die skrikwekkende relevansie van gruwelrolprente en popkultuur. Die geweld van die liefde en die verraderlike lugspieëlings van die digkuns is deurlopende temas. Solank verlange die sweep swaai is die woorde van iemand wat sy vertroue in die woordkuns verloor het, maar aanhou skryf omdat dit die enigste vorm van psigiese selfverdediging is wat hy min of meer verstaan. Dis die steierende gedagtes van 'n man wat dronkgeslaan word deur sy eie alledaagse stories uit 'n lewe wat al sy pogings tot begrip en filosofiese beskouing uitdaag en ondergrawe.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.
Die Herstellerinformationen sind derzeit nicht verfügbar.
Autorenporträt
Danie Marais is 'n omroeper by die Kaapse radiostasie Smile 90.4FM, vryskutjoernalis en digter. Sy debuutbundel, In die buitenste ruimte (Tafelberg, 2006), ontvang die Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en UJ-debuutprys. Aan sy tweede digbundel, Al is die maan 'n misverstand (Tafelberg, 2009), is die Suid-Afrikaanse letterkundetoekenning (SALA) vir poësie toegeken. Hy het die bloemlesing As almal ver is: Suid-Afrikaners skryf huis toe (Tafelberg, 2009) saamgestel - 'n versameling van essays, briewe, kortverhale en strippe oor ervarings van emigrasie en/of verblyf in die buiteland. In 2010 is Nuwe stemme 4 (Tafelberg) gepubliseer - 'n bloemlesing met gedigte van belowende, voorheen ongepubliseerde digters wat Marais saam met Ronel de Goede gekeur en saamgestel het. Marais skryf 'n gereelde rock-rubriek vir Beeld en Die Burger en is 'n medewerker van die koerantbylaag By waarvoor hy onder meer die maandelikse rubriek "Spookasem" oor letterkunde, flieks, kuns en popkultuur skryf. Hy het in 2012 die Media24 Legends-toekenning vir Leefstyljoernalis van die Jaar gekry en was in 2013 die naaswenner in dié kategorie.
Es gelten unsere Allgemeinen Geschäftsbedingungen: www.buecher.de/agb
Impressum
www.buecher.de ist ein Internetauftritt der buecher.de internetstores GmbH
Geschäftsführung: Monica Sawhney | Roland Kölbl | Günter Hilger
Sitz der Gesellschaft: Batheyer Straße 115 - 117, 58099 Hagen
Postanschrift: Bürgermeister-Wegele-Str. 12, 86167 Augsburg
Amtsgericht Hagen HRB 13257
Steuernummer: 321/5800/1497
USt-IdNr: DE450055826