Fred besluit dat Rouxvé bestem was om sy pad te kruis sodat hy hom op haar kan wreek. Hy lok haar in sy huis in en sluit haar in 'n wit sel toe.
Sy het aanvanklik geen benul van sy bedoelens nie, maar besef geleidelik dat hy haar wil straf vir haar sondes van die verlede.
Intussen soek haar dogter, Tilda na haar met die hulp van haar vriend, Eben wat 'n privaatspeurder is. Die plaaslike polisie is ook betrokke, maar vind geen leidrade nie.
Rouxvé bedink 'n ontsnappingsplan op dieselfde dag wat Fred Tiloda met motor en al in 'n poel stamp om te keer dat sy Rouxvé opspoor.
Fred word uiteindelik aangekeer en Rouxvé besef dat sy ook bevry moet word van die tralies van haar verlede en besluit om aan haar familie en haar gemeente te bieg oor haar donker verlede.
Sy stap uiteindelik weg as iemand wat volkome bevry is.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.