Die liefde wat tussen August en Tessa, twee radikaal verskillende mense, ontstaan, word egter bedreig deur die terugkeer van Tessa se man, Andries, van wie sy besig is om te skei. Sy onvoorspelbaarheid en kil woede hou gevaar in, en die roman stuur af op die ontstellende moontlikheid van geweld. Soos in John Miles se vorige roman, Die Buiteveld, word die kompleksiteit van 'n mens se verlede deurgetrek na die sosio-politieke situasie van die dag met verwysings na die skuld oor die koloniale verlede en veral oor apartheid. "Die verlede is 'n denkbeeld waarvan jy nie kan loskom nie," besef August. "'n Deurpriemende analise van die plattelandse Afrikaner en sy oorgawe aan 'n toestand van onsekerheid. ... En 'n skitterende "slice of life", sê een van die keurders.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.