Sedert Jacob Zuma as president bedank het, het Suid-Afrika se politieke landskap dramaties verander. Die gesoute politieke joernalis Jan-Jan Joubert kyk na alle moontlike scenario's en neem die leser agter die skerms na waar die geheime politieke smouswerk plaasvind.
Hy oorweeg al die beskikbare opsies vir politieke partye in die aanloop tot die volgende verkiesing. Sal die ANC 'n koalisie vorm om in beheer te bly? En wat is die kans dat dié party na die EFF sal draai om meer steun te werf?
Een ding is seker - ooreenkomste sal aangegaan word. Die uitslae van plaaslike en tusenverkiesings wys vir Joubert dat die volgende verkiesing die eerste in 25 jaar kan wees waarin geen party 'n volstrekte meerderheid behaal nie.
In eksklusiewe onderhoude deel politieke leiers ook hul standpunte oor die belangrikste kwessies wat burgers en partye verdeel - of dalk kan verenig.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, B, BG, CY, CZ, D, DK, EW, E, FIN, F, GR, H, IRL, I, LT, L, LR, M, NL, PL, P, R, S, SLO, SK ausgeliefert werden.