Een stad. Vyf mense. Wraak se bloedspoor. die slagoffer en sy suster Freya Rust glo sy weet alles van haar tweelingbroer Ben, maar wanneer hy vermoor word, besef sy sy lewe was vol geheime. Sy is vasberade om sy dood te wreek, al kos dit wat. die onderwyser Rugby-afrigter meneer Oktober het sy hande vol met sy wilde tienerdogter, maar dit is sy¿ duister verlede wat by hom spook wanneer hy snags in Pretoria met 'n gelaaide vuurwapen ronddwaal. die dwelmhandelaar Slick se wrede mentorskap by Mama Afrika leer hom moord en mag loop hand aan hand. Hy regeer sy dwelmkoninkryk met 'n ystervuis. die speurder Benjamin Rust se moordsaak land op inspekteur Nolwazi Mngadi se lessenaar. In die korrupte slangnes van 'n polisiestasie in Pretoria begin sy met haar ondersoek. Hoekom is Ben dood? Wie het hom vermoor? En wat is vergelding se prys? Wrok breek die misdaadroman se reëls en werp lig op die morsige gevolge van verdriet, woede en wraak.
Dieser Download kann aus rechtlichen Gründen nur mit Rechnungsadresse in A, D ausgeliefert werden.